Temba Travel

Cresta Thapama Hotel - Francistown

Die luukste hotel in Francistown, Botswana

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BOOK NOW >>

Oor Cresta Thapama Hotel - Francistown

Cresta Thapama Hotel in Francistown, Botswana, bied puik 3-ster akkommodasie vir toeriste en besigheidsmense. Die Cresta Thapama Hotel is ontwerp om styl en gerief aan reisigers te bied en is sentraal geleë in Francistown, Botswana.

Die Plek

Die Kamers

Gaste by die Cresta Thapama Hotel in Francistown, word in 96 lugverkoelde kamers (almal en suite) gehuisves. Jy kan kies tussen drie suites, vier “executive” kamers, 24 gesinskamers, 39 kamers met enkelbeddens en 26 dubbelbedkamers. Al die kamers by Cresta Thapama Hotel, sluit tee/koffie-stasies, radio, TV en telefoon in.

Dubbel Kamer

Cresta Thapama Hotel - Francistown - Room

Sien Kamers van buite

Cresta Thapama Hotel - Francistown - Twin Room

Ons Kos

Besigheidsmense geniet dit om kollegas by die Lenaka Bar te ontmoet, terwyl die Ivory Grill heerlike buffet en a la carte middag- en aandetes bedien. Tot 110 gaste kan by die Ivory Grill van die Thapama Hotel in Francistown, Botswana, kom aansit. Die kroegie by die swembad bedien ook ligte versnaperinge.

Cresta Thapama Hotel - Francistown - Dining
Cresta Thapama Hotel - Francistown - Evening

Geriewe

Cresta Thapama Hotel bied fasiliteite soos ‘n vonkelende swembad, plaspoeletjie vir die junior gaste, gimnasium, tennisbaan, gholfbaan en muurbalbaan met glasmuur.

Die pragtige rotstuine bied die ideale geleentheid vir ‘n ontspannende stappie voor aandete. Gaste het internet-toegang en kamerdiens.

Die Cresta Thapama Hotel is ook ‘n gesogte konferensiepunt, met ‘n konferensiesaal wat 100 mense kan huisves.

Cresta Thapama Hotel - Francistown - Bar
Cresta Thapama Hotel - Francistown - Gaming